Die Gereformeerde Kerke Klassis Boland
Die Gereformeerde Kerke Klassis Boland
Oorsig
Die Kerke in die menu aan die linkerkant is in alfabetiese volgorde gerangskik met die jaar van stigting in hakies. Die Klassis bestaan tans uit twintig gemeentes wat nie net die geografiese gebied van die provinsie Wes-Kaap insluit nie, maar ook noordwaarts langs die Weskus 'n gedeelte van die Noord-Kaap tot by die Oranjerivier insluit. Tans het net 12 van hierdie gemeentes voltydse predikante. Een van die doelstellings van hierdie webblad is om aan die kleiner gemeentes ook internet blootstelling te gee.

Die oudste kerk in die Klassis, Clanwilliam, is in 1903 as 'n Kerk onder die Kruis gestig. Die Kruiskerke is gestig deur ds SJ du Toit, die vader van Totius. Ds du Toit was predikant van die NG Kerk Noorder-Paarl en lidmate van die Kruiskerke het aanklank gevind by sy teologie. Die Kruiskerk van Clanwilliam het in 1914 amptelik deel geword van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Die eintlike "moederkerk" van die Klassis Boland, is egter die Gereformeerde Kerk Kaapstad wat op 6 Mei 1923 gestig is.  Vir etlike jare was Kaapstad (afgesien van Clanwilliam) die enigste Gereformeerde Kerk in die Wes-Kaap, totdat Worcester op 28 November 1954 afgestig het. Die grense was nog steeds wyd, want toe Bellville op 5 April 1957 van Kaapstad afgestig het, was Kaapstad se konsulent (ds B Spoelstra) die predikant van Middelburg (Kaap). Die nuutste toevoeging is die Xhosa-sprekende Gereformeerde Kerk Crossroads, wat op 18 September 2007 lid geword het van die Klassis. Hierdie kerk is reeds op 5 November 1988 gestig as deel van Klassis Monti, wat nou ontbind het.

Klassis
Korrespondent
pyltjiePiet Aucamp

Webmeester
pyltjie Ben van der Walt