![]() Straatadres van Kerkgebou: Bergsigstraat, Sandbaai Die volgende gebiede val binne die
gemeentegrense: Gansbaai (De Kelders tot Pearly Beach), Hermanus
(Fisherhaven tot Voëlklip), Stanford.
Webadres: Erediens: 09:30 Katkisasie: Bybelstudie: |
Admin: Skriba: Attes-Skriba: Kassier: Koster: Voorsitter Diakonie: Hulpdiens- predikant: Konsulent: |
Kerkraad AE Boersma Sr E Greenfield AE Boersma JGA Kruger Sr JG Botha Prof F Denkema Predikant van Bellville-Oos |
Posbus
1962 Hermanus 7200 Caperobinsingel 12 Vermont Straatadres: Proteastraat 4 Ladismith Posadres: Posbus 154 Ladismith 6655 |
Tel:
028 316 2310 Faks: 028 316 2310 Tel: 028 316 4734 Faks: 028 316 4734 Sel: 082 707 8816 Tel: 028 316 3904 Tel: 028 316 2310 Faks: 028 316 2310 Sel: 082 707 8816 Tel: 028 312 2322 Sel: 082 365 6808 Tel: 028 316 2705 Tel: 028 551 1237 Sel: 083 765 9175 Tel: 021 919 5893 |
|
| |
|
||||
| INLEIDING
Die geskiedenis van die Hermanusgemeente is deur Br Josef Kruger meer volledig omskrywe in die boek Oranjerivier tot Stormsrivier, wat saamgestel is deur Dr. PW Bingle. Hieronder het Br Josef Kruger I verkorte weergawe saamgestel vir die Klassis Boland webtuiste. AAN DIE BEGIN Josef en Lettie Kruger het in Januarie 1964 vanaf Sasolburg na Hermanus verhuis en, soos die gebruik op daardie stadium was, lidmate van die Gereformeerde Kerk Worcester, 115km ver, geword. Hulle het egter nie soos ander gereformeerdes by die NG Kerk aangesluit nie, maar vasgebyt totdat in 1999 'n eie kerkie op Hermanus gebou is en in 2000 van Strand afgestig is 35/36 jaar na hul aankoms op Hermanus. WORD LIDMATE VAN STRANDGEMEENTE Die Strandgemeente het op 27 Mei 1978 van Stellenbosch afgestig. Die Klassis van September 1978 het goedgekeur dat die verspreidwonendes suid van Villiersdorp by Strand kon inskakel. Op Hermanus was daar op daardie stadium 3 gesinne, naamlik Josef en Lettie Kruger, Abrie en Rene de Weerdt en Jan en Willina Drijfhout. Huiskerk, een maal per kwartaal, is die pad wat gestap is by menige gemeentes wat vandag selfstandig is. So was dit ook met Hermanus gesteld. Ds Peet Aucamp, die eerste predikant van Strand, het elke kwartaal I buitediens in Josef Kruger se huis op Hermanus te hou. Die verspreidwonendes van Caledon, Kleinmond en Hermanus het so byeen gekom, en dan was die lidmate maar 18 in getal. Hermanus se lidmate het destyds aangegroei, sodat die maandelikse Bybelstudie in 1994 deur 24 lidmate bygewoon is. Ds Jan-Louis du Plooy en sy opvolger Ds Jan van der Walt, het een aand per maand van Strand na Hermanus oorgery om die Bybelstudie te lei. Dit was verrykende saamwees-aande waar elkeen mekaar intiem leer ken het. Hierdie byeenkomste was die sement wat die groepie aan mekaar gebind het. VERBINTENIS MET KLEINMOND Gedurende 1996 is vir die eerste keer op Kleinmond en Hermanus eredienste deur besoekende predikante waargeneem. Deur die jaar was 3 eredienste op Hermanus en 3 op Kleinmond gehou, en op Kersdag I ekstra feesdiens. EREDIENSTE OP HERMANUS Vir die eerste maal in die gemeente se geskiedenis, is op 19 Maart 1995 I erediens in I kerkgebou op Hermanus gehou. Dit is gelei deur Ds Jan-Louis du Plooy en wel in die United Kerk. Vir die volgende 4 jaar tot einde 1998 was 4 eredienste per jaar in hierdie kerkgebou gehou. Die dienste was meestal gelei deur Ds Jan-Louis Du Plooy, en later deur Ds Alwyn du Plessis wat met die buitedienste kom uithelp het. Die erediens was gewoonlik om 15:30, en soos almal weet is dit nie die beste tyd vir I erediens nie. Juis hierdie ongemaklike tye, en dat ons soos vreemdelinge in ander se kerkgeboue gevoel het, het die dryfveer by lidmate sterker gemaak om I eie kerkgebou te kry. Vanaf Maart 1999 het predikante twee eredienste per maand om 9:30 in die kerk van die Sewendedagadventiste gehou. Die oorblywende Sondae van die maand is leesdienste gehou. Dus is gereelde eredienste per maand in dié kerkie gehou en wel op Sondae, aangesien die Adventiste op Saterdae hulle dienste hou. Ouderlinge Hans Oostenbrink, Piet Aucamp en Josef Kruger het om die beurt leesdienste behartig. DIE AANLOOP TOT KERKBOU Op die regte tyd het die Here die regte man na Hermanus gestuur. Hy was Hans Oostenbrink en sy vrou Careen. Die eerste Bybelstudie wat hulle bygewoon het, was op 27 Mei 1998. Juis op daardie aand het Lenus de Klerk gesê dat ons dringend I eie saal of kerkgebou moes kry. Hans Oostenbrink het dadelik begin planne maak en is gedurende die jaar gereeld onderling en met die Kerkraad van Strand oor ons behoefte en beplanning gepraat. Op 18 Februarie 1999 het Hans Oostenbrink I stuk grond van een hektaar grootte in Sandbaai, Hermanus, aangekoop. Hy het bereken dat hy met die ontwikkeling van die grond I standplaas kon afsny om I kerkgebou op te rig. Hierdie erf het hy gratis aan die gemeente geskenk. Sy ywer vir die saak van die Here en sy praktiese kennis van bouprojekte, het Hermanus se gemeente op die onafhanklikheidspad geplaas. Daar was groot opgewondenheid en blydskap onder lidmate toe hy sy plan bekendgemaak het. I Wonderwerk was aan die gebeur. Hierna het dinge vinnig ontwikkel. Die susters het verkopings gehou, Hans Oostenbrink en Lenus de Klerk het finansiering gereël en lidmate is gevra om lenings aan die boufonds te maak. Soos gewoonlik was daar baie probleme voordat oordrag van die stuk grond gekry kon word. Alles is uiteindelik op 2 Augustus 1999 uitgestryk en toe kon met die bouwerk begin word. Die kerkgebou se fondasies is gegrawe en op 20 Augustus 1999 klaar gegooi. Met vreugde het die klein gemeente die vordering met die bouwerk dopgehou. Einde November 1999 was die gebou voltooi. INGEBRUIKNEMING Op Saterdag 4 Desember 1999 is groot fees gevier toe die kerkgebou in gebruik geneem is. Al die wyke van Strand was verteenwoordig. Vanaf Strand, Stellenbosch, Kleinmond, Caledon en Agulhas het mense gekom, soveel so dat die nuwe kerkie stampvol was. Daar was, soos gebruiklik, baie toesprake, asook gelukwense van ander gemeentes, en lidmate was vervul met dankbaarheid teenoor God vir die wonder wat by Hermanus gebeur het. AFSTIGTING Tesame met die ywerige beplanning, bou en ingebruikneming van die kerkgebou, is in samewerking met Strand en Klassis Boland ywerig voorbrand gemaak vir die afstigting van Hermanus wat op 29 Oktober 2000 werklikheid geword het. Voorwaar I besondere en heuglike gebeurtenis vir die gemeente, veral vir dié lidmate wat ywerig en onverpoos hiervoor die moue opgerol het. EERSTE PREDIKER Die gemeente kon nie I voltydse predikant bekostig nie, maar I plan is bedink. Ds Alwyn du Plessis, emeritusleraar van Stellenbosch, het ingestem om hulpprediker te wees. Hy het die gemeente een week per maand besoek, pastorale werk gedoen en die Sondag gepreek. Vir die oorblywende Sondae is predikante van oor die hele land genooi om op Hermanus vakansie te kom hou. Hulle kon gratis in die pastorie woon, maar moes vergoed met I preek op Sondag. Onder leiding van Ds Alwyn du Plessis het die gemeente die moeilike pad van 'n jong gemeente gestap. Hy het die gemeente bekwaam deur al die fases van die groeistadium gehelp, totdat alles goed georden en gevestig was. Na I bedieningstyd van vyf jaar, het hy verkies om vir I tweede keer te emeriteer. Hy het eers toegesien dat iemand anders gekry is om by hom oor te neem. Tevrede dat hy die gemeente nie wees agterlaat nie, het die gemeente einde November 2004, met nagmaal, van hom afskeid geneem. Hy sal altyd onthou word as I oopkop denker, goed toegeruste leier, bekwame prediker en liefdevolle pastor. PROF FAAN DENKEMA NEEM OOR Gedurende Januarie 2005 het Prof. Faan Denkema die gemeente se tweede hulppredikant geword en is tans, November 2009, nog by die gemeente. LIDMAATGETALLE Die gemeente het sedert 1999 van 62 tot 124 in 2009 gegroei. Sedertdien het getalle weer afgeneem, met ses lidmate wat in die afgelope twee jaar afgesterf het. Dit is baie vir so 'n klein gemeente. Maar in die krag van ons Here gaan die werk steeds voort. |
|||||