Die Gereformeerde Kerk George
Die Gereformeerde Kerk George
kerkgebou

Straatadres van Kerkgebou: Tweedestraat 27, George-Oos

Die volgende gebiede val binne die gemeentegrense: Blanco, Glentana, Heroldsbaai, Outeniquastrand, Victoriabaai, Wildernis.

Webadres: http://www.gkgeorge.co.za/


Eredienste: 09:00 (September - April);  09:30 (Mei - Augustus)

Katkisasie: Na afloop van die erediens (skoolkwartale) en weekliks soos gereël met die predikant. Geen katkisasie gedurende langnaweke, skoolvakansies en Nagmaal nie.

Bybelstudie:
Admin:


Skriba:


Attes-
Skriba:

Kassier:


Koster:


Voorsitter
Diakonie:

Predikant:








Teologiese
Professor:

Konsulent:


Kerkraad


Philip Kuschke


Sr R du Plessis


SJ Minnie


Sr R du Plessis



H Oosthuizen

Ds H Reinecke









Prof FP Viljoen

Predikant van
Moselbaai

Posbus 53
George 6530





 










Straatadres:
Dormehlstraat 16
Dormehlsdrift
George

Posadres:
Posbus 4078
George-Oos 6539

van Graanstraat 32
Potchefstroom 2531




Tel: 044 874 5615
Faks: 086 544 5865

Tel: 044 871 3373
Sel: 082 856 5152

Tel: 044 874 5615
Sel: 083 687 0431

Tel: 044 871 3333
Sel: 083 409 4813

Tel: 044 874 5170
Sel: 083 687 0431
Tel: 044 871 5615
Sel: 082 783 6192

Tel: 044 873 6686
Sel: 082 563 8825







Tel: 018 294 6746


Tel: 044 695 2338





GEREFORMEERDE KERK GEORGE

1940 -1960: Eerste Gereformeerdes en hul bediening
Op 4 Junie 1940 het br. Johannes W. Oldewage (oom Ollie) en sy gesin hulle op George gevestig. Hy was die bevelvoerder van die plaaslik polisie. Met geen Gereformeerde Kerk in die omtrek nie, was ds. J.W. Jansen van Ryssen van Kaapstad hul enigste kontak met geloofsgenote. Br. Ollie se gereformeerde grondslag was s6 sterk dat hy die bande met sy geliefde Kerk nie wou verbreek nie, alhoewel hulle gereeld die eredienste van die N.G. Kerk bygewoon het. Hulle twee kinders het die N.G. Kerk Sondagskool bygewoon en ook by ander jeugaktiwiteite ingeskakel, maar hulle is steeds deur hul ouers verder in die gereformeerde leer opgevoed. In 1944 was daar reeds sowat 4000 N.G. Kerk-lidmate op George.
Die afstand na Kaapstad of Port Elizabeth was te ver en die gesin kon nie eredienste of nagmaal aldaar bywoon nie. Ds. Van Ryssen het die Gereformeerdes in die uitgestrekte gebied bedien en so kon hulle minstens een keer per jaar 'n diens en nagmaalsviering geniet, wat met die tegemoetkoming van die N.G. Kerk in die Moederkerk aan die bo­punt van Meadestraat plaasgevind het. Sedert 1947 het ds. P.J. Coetzee van Kaapstad die bediening waargeneem, maar in 1948 het ds. N.T. Snyman, wat op Port Elizabeth bevestig is, oorgeneem. Met sy beroep in 1949 na Venterstad, het ds. Coetzee van Kaapstad weer die bediening behartig en hulle twee keer per jaar besoek. Na hom het ds. L.S. van der Walt die werk voortgesit. Br. Koos Venter was as die eerste ouderling op Knysna bevestig en kort daarna br Ollie op George. Die Suidkaap is ook vanaf De Aar, Steynsburg en Middelburg bedien. 'n Paar Doppers wat sterk staan!
In 1954 is ds. Mechiel Venter na Port Elizabeth beroep en is daar drie keer per jaar op George of Oudtshoorn nagmaal gevier. 'n Besoek van ds. Venter het veertien dae geduur en dan het hy die lidmate van Jeffreysbaai tot Riversdal besoek. Die betrokke Sondae het hy, op versoek, die oggend- en aanddienste van die N.G. Kerk waargeneem, terwyl hy in die middag vir die klein groepie Gereformeerdes die nagmaal en die doop bedien het. Die eerste nagmaal is op 20 Maart 1955 deur ds Mechiel Venter bedien. In 1957 word George 'n wyk van Port Elizabeth, maar in 1958 word ds. Venter na Turffontein beroep. Die Doppers bly moedig!
Op 31 Januarie 1959 is ds. HJ van der Walt egter op Middelburg bevestig met die opdrag om die verspreidwonendes vanaf Tarkastad tot by Swellendam, en vanaf Beaufort-Wes tot by die see te bedien. Hy het so 4 500 tot 5 000 km (!) per maand afgelê am die "verstrooide" Doppers te bedien.
In Oktober 1959 het die eerste groepe, 3 dogters (waarvan die een oom en tannie Ollie se dogter Martinette was), belydenis van geloof afgelê.
1960-1981: Nuwe Gemeentes en Kombinasies
Huisvesting vir die hou van eredienste was deur die jare heen altyd maar n probleem en kere sonder tal moet daar van plek verwissel word.  So is die skoolsaal van Hoërskool Outeniqua, die St 6 Skool (huidige Arts Theatre) en die ou en nuwe skoolsale van Hoërskool Die Bult gebruik totdat die nuwe kerkgebou betrek kon word.
Op 19 Junie 1960 vind die stigting van die gemeente Oudtshoorn (wat George insluit) in kombinasie met Middelburg en Hofmeyr plaas, met ds. H.J. van der Wait as die eerste predikant. Hy word in 1961 na Lindley beroep, waarna die gemeente vir twee jaar vakant was. Van die veertigtal lidmate in die 70 000 vk. myI tussen Humansdorp en Swellendam het sowat twee derdes in hierdie tyd by die N.G. Kerk aangesluit. Op George het daar vyf en 'n halwe gesin oorgebly (een suster se man lid van 'n ander kerk). Die Doppers word minder!
Die kombinasie met Hofmeyr het onprakties geblyk en in 1964 kom 'n nuwe kombinasie, Uitenhage/Oudtshoorn (insluitend George), tot stand met Uitenhage as die standplaas vir die predikant, ds. J.J. de Jager. Kragtens die kombinasie-ooreenkoms het elke kerk 'n gelyke aantal Sondagbedienings ontvang.
Op 19 Junie 1966, die sesde verjaardag van die Gereformeerde Kerk Oudtshoorn, stig die Gereformeerde Kerk George af en einde 1967 word die kombinasie met Uitenhage verbreek, met die vorming van die Oudtshoorn/George kombinasie. Uitenhage het ds. De Jager as predikant behou, maar na die tweede beroep is hy op 7 April 1968 as die predikant van die nuwe kombinasie bevestig. Die George-gemeente het toe uit slegs 60 lidmate bestaan en die gebied het kuslangs vanaf Stormsrivier tot duskant Swellendam gestrek. George se Doppers is op koers!
Daar is toe deur die boukommissie besluit om eers n pastorie op George te bou. En op 14 Augustus 1968 kon dit betrek word sonder dat die kerkraad enige lening daarvoor benodig het.
Nou is daar gewerk in die rigting om n eie kerkgebou op George te sien en die ideaal was dat die slegs vyf jaar na die selfstandigwording voltooi kon word.  Die susters was alreeds besig om een maal per week koeksisters te bak. Eers aan huis van n lidmaat en nadat die pastorie voltooi is, het ds de Jager die motorhuis beskikbaar gestel.   Daar is gereeld ongeveer 1200 koeksisters per week gebak.
Na die vertrek van ds. De Jager einde 1970, is ds. JC. Buys op 24 Januarie 1971 as die predikant van die kombinasie bevestig.  Hy het hom met groot entoesiasme beywer vir die oprigting van n kerkgebou. Deur die jare is milde geldelike bydraes van gemeentes in die omgewing ontvang.  Uiteindelik kon daar begin word met die bou van die kerkgebou te George.  Die argitek was mnr EP Harper van die firma Cor. Swart, Edge en Vennote van Pretoria.  Die bouer was br Gerhard Jansen.  Die kerkgebou sou R40,000 kos.
Op 6 Februarie 1971 het die bejaarde br. Ollie die hoeksteen gelê.  Die laaste erediens in die skoolsaal van Hoërskool die Bult is op 28 Mei 1972 gehou.  Op 3 Junie 1972 sou die kerkgebou in gebruik geneem word.
Toe die gemeente vol afwagting voor die kerkgebou staan, merk br Wim Klapwijk, wat die geld vir die toring geskenk het, skertsend op, dat daar n konstruksiefout is:  Die toring moes in die vorm van n koeksister gebou gewees het.
Die bouer, diaken Gerhard Jansen, het die sleutel van die kerkgebou aan br Ollie oorhandig. Nadat hy die kerkgebou oopgesluit het, het n bewoë gemeente met die sing van Psalm 146 die kerk binnegestap.
Ds JC Buys word op 1 Februarie 1975 deur ds. S.J. (Kobus) van der Walt opgevolg.  In Oktober 1975 is aanvoorwerk vir sending en evangelisasie reeds onder sy leiding begin. Tydens sy bediening is die 10 jarige bestaan van die gemeente op feestelike wyse gevier.
Nadat ds van der Walt einde 1977 die beroep na Cachet opgevolg het is ds. Jannie Combrink 21 Januarie 978 op Oudtshoorn bevestig as die volgende predikant. Die Doppers word meer!
1980  Op eie bene
Op 1 Januarie 1981 word die kombinasie met Oudtshoorn verbreek, met ds. Combrink as George se predikant. Op daardie stadium was daar 131 belydende lidmate op George, wat binne vier jaar gegroei het tot 242 belydende lidmate. Op 17 Oktober 1985 stig Mosselbaai met 62 belydende lidmate af. George se Doppers groei en bloei!
Dr. F.P. Viljoen, neem op 24 September 1994 die leisels oor met 337 belydende- en 110 dooplidmate.  Onder sy leiding het n baie suksesvolle Bybelskool in April 1995 tot stand gekom. Op 28 April 1998 vertrek hy na die Teologiese Skool op Potchefstroom waarheen hy as 'n professor beroep is.
Die gemeente is daarna vir 'n jaar sonder 'n predikant, maar die Here voorsien weer in die persoon van ds. Hennie Reinecke wat op 11 April 1999 bevestig word.
Toe strek die gemeentegrense vanaf Stormsrivier tot by Groot-Brakrivier en is daar 32 wyke met 407 belydende- en 104 dooplidmate. Sedert Januarie 1996 hanteer dr. Chris Malan (emeritus) die oostelike ses wyke tussen Stormsrivier en Sedgefield, waar daar reeds 88 belydende- en 12 dooplidmate woon - inderwaarheid meer as waarmee George Of Mosselbaai vroeër afgestig het.
In Maart 2006 het dr Frans de Bruyn die bediening van die oostelike buitewyke by dr Chris Malan oorgeneem en op 5 November 2006 institueer hulle as selfstandige kerk wat bekend staan as die Gereformeerde Kerk Eden.
Die Gereformeerde Kerk George se grense strek tans vanaf Wildernis in die ooste tot by Grootbrakrivier in die weste met die berg in die noorde en see in die suide.
(Hoofbron:  Gedenkalbum 1966-1996,  Die werk van Sy hande deur sr C Roestorff.  Verwerkings, wysigings en aanvullings deur br O Naudé, srs H Liebenberg en R du Plessis.